Omtrent my Juweliersware


Nekstukke en ''Keepsakes'' (Aandenkingstukke), sowel as my welbekende ''GOGGA'' reeks wat kan dien as borsspelde of ornamente, word vervaardig uit silwer draad, koper, pewter en verskeie kleurvolle glas juwele, skulpe, brandskilder-glas, glas krale, kristalle, hout en klippe en nog baie meer.

Daar is ook 'n reeks Kristalle op voetstukke spesiaal ontwerp vir elke unieke kristal, tesame met Towerstaffies met verskillende kristalle en elkeen het 'n beskrywende kaartjie by, soos byvoorbeeld Roos Kwartz behoort in die sitkamer geplaas te word aangesien dit liefde, vrede en harmonie in die huis aanmoedig.

Die genesende eienskappe van Kristalle is wêreldwyd bekend en vertoon ook pragtig in die huis.

GOGGA REEKS
Hierdie reeks bestaan uit borsspelde en 'Keepsakes' (aandenkingstukke) of om te vertoon as ornamente. Noukeurig vervaardig uit silwer, koper, pewter en glas juwele (elke Gogga kan tot 3 ure vat om te maak) met besondere aandag aan detail en, alhoewel broos, is elke item sterk en stewig. Alleenlik materiale van die allerhoogste gehalte word gebruik en die skoonmaak en instandhouding van elke item is maklik deur net saggies met Sunlight Liquid en 'n tandeborsel skoon te maak. Natuurlike patinering neem plaas oor tyd, maar verhoog net die bekoring van elke stuk.

Elke pragstuk het 'n beskrywende kaartjie by wat die storie vertel van elke Gogga.

JUWELIERSWARE
Die juweliersware geniet dieselfde aandag aan detail, en bestaan uit borsspelde, oorbelle, nekstukke en armbande. Elke item is individueel ontwerp en beambag en geen twee presies dieselfde nie. Enige klein verskille in 'n paar oorbelle, byvoorbeeld, is weereens deel van die bekoring. Kleurkeuses sal afhang van beskikbare materiale.

KEEPSAKES' (Aandenkingstukke)
Hierdie reeks bestaan uit Nekstukke, Borsspelde, Armbande en Oorbelle, asook ornamente bevattende items soos fotos, knope of stukkies kant van 'n spesiale doopsrokkie, blare, papier, ens. Spesiale bestellings word aanvaar in hierdie reeks en ons neem voor om elke spesiale klein voorwerpie met sorg te hanteer.


AARDSE REEKS
Die Aardse reeks bestaan uit voorstellings van die natuur en sluit in silwer draad, koper, glas, kristalle, skulpe en klippe met die aardse elemente van staal, hout, silwer, lug, vuur en water as hoof tema. Hierdie oorbelle is 'n Bloekomblaar en Bloekomsaad gemaak van koper.


ANDER GOED
'n Reeks unieke hand-gemaakte items soos Sigaret Aansteker Houers, Sleutelringe en vele ander.
KRISTAL REEKS
Ametis op Silwer draad voetstuk

Helder Kwartz op Silwer draad voetstuk


Roos Kwartz 'Towerstaf' van silwer draad en op silwer draad voetstuk

Oorbelle en borspelde gemaak van koper, silwer draad, soldeersel en glas juwele.

.